Article
Gebedskringe

 

Daar is niemand wat U vasgryp nie… Jesaja 64:7

 

GEBEDSKRINGE is die konsep om ‘n nasie met gebed te versadig deur oral ‘n netwerk van gebedsgroepe te vestig. Dit is ‘n inisiatief wat gelowiges oproep om vir die ongereddes te bid, of dit nou vriende, kollegas of familie is.

 

Hoe om so ‘n groep te begin
  • Stig groepe van 3-5 persone (‘n Gebedskring) met die doel om vir ongeredde mense te bid. Wanneer jou groep tot meer as 5 mense groei, verdeel en begin ‘n nuwe Gebedskring.
  • Elke persoon in die Gebedskring word aangemoedig om vir ten minste 3 ongeredde mense te bid. Jy kan gebedsonderwerpe byvoeg om voor te bid soos die Here jou lei.
  • Neem ‘n bietjie tyd om nuwe Gebedskringe wat jy gestig het aan te moedig en te ondersteun deur vir hulle gebedsinligting te stuur, asook getuienisse van wat God in die verskillende Gebedskringe doen.
  • Indien moontlik, probeer om ten minste een keer per week vir gebed bymekaar te kom. As dit nie moontlik is om elke keer fisies te ontmoet nie, kan jy ‘n kleingroepkonferensie-oproep, Skype-oproep, Zoom-oproep, ens. probeer reёl.
  • Deel hierdie konsep met ander en moedig hulle aan om ook ‘n Gebedskring te begin. Kom ons versadig ons gemeenskappe, dorpe en stede met Gebedskringe.

 

Praktiese riglyne

Bid vir ongeredde mense

A. Skryf die name neer van 3 ongeredde mense (of mense wat meer van Jesus nodig het). Probeer om ten minste een persoon uit ‘n ander land of godsdiens te kies (bv. ‘n Ateïs, Moslem, Hindoe of Boeddhis.

B. Bid vir ten minste 2 of meer mense om saam met jou ‘n Gebedskring te begin. Jy kan dit oorweeg om een keer per week/maand persoonlik te vergader om by die naam te bid vir diegene op jou gebedslyste

 C. Vier basiese stappe om na ‘n ongeredde persoon uit te reik:

  1. Begin bid vir diegene op jou lysie. Vra God om hulle op alle terreine van hul lewens te seën (huweliks- en gesinslewe, werksverhoudinge, sosiale behoeftes, vriende, persoonlike uitdagings, gesondheid, finansies, geestelike behoeftes, ens.)
  2. Indien moontlik, reik uit en begin ‘n vriendskap bou met diegene op jou lys.
  3. Identifiseer enige persoonlike behoeftes wat hulle mag hê. Sê vir die persoon jy sal bid vir daardie behoeftes, en indien moontlik, doen dit dadelik.
  4. Wanneer en waar toepaslik, begin natuurlike gesprekke met hulle oor Jesus. Bid ook dat hulle blootgestel sal word aan die boodskap van die evangelie – gesprekke met ander Christene, radio- of TV-programme, internet, persoonlike ontmoetings met God (deur die Woord en die Heilige Gees.)

D. Skrifverse om vir ongeredde mense te bid:
Johannes 3:16; 2 Petrus 3:9; Lukas 5:32; Esegiël 18:23; 1 Timoteus 2:3-6; Markus 10:27; Johannes 5:21; Johannes 6:63; Hebreërs 2:4.

 

Bid vir die gemeenskap en die nasie

Benewens die primêre doel van ‘n Gebedskring om te bid vir die redding van mense (ook van ander godsdienste), kan jy soms meer onderwerpe byvoeg. Onthou egter om die redding van mense as die hooffokus te hou. Die volgende is onderwerpe wat jy dalk by jou gebedstye wil voeg:

  • Herlewing in jou kerk / Geestelike leiers / ‘n Dieper wandel met God
  • Die armes en behoeftiges
  • Die ekonomie van die land / Korrupsie / Die regering
  • Die media
  • Die jeug
  • Gevangenes
  • Die regstelsel
  • Jou werkplek
  • Jou bediening in die kerk
  • Mense wat sukkel met bitterheid, emosionele seer of betrokke by die okkulte
  • Moslems, Hindoes en Boeddhiste

Laai die artikel af as PDF
This article is also available in English

 

Learn More

Recent Posts

12 Traps every believer faces (part 1)

12 Traps every believer faces (part 1)

This is part one of a 2-part series. While reflecting on the struggles many of my Christian friends are facing, something caught my attention. When I started writing down the root causes of their challenges, they all started with the letter 'D'! Discontent, doubt,...

read more
Unanswered prayers (part 2)

Unanswered prayers (part 2)

(This is the second article of our 2-part series on 'Unanswered prayers'. Read Part 1)   As discussed in Part 1 of this series, there are no simple answers to the questions, "What are the reasons for my unanswered prayers? Is there something wrong with how I...

read more
Prayers for Grade 12 learners writing exams

Prayers for Grade 12 learners writing exams

Commit your works to the LORD and your thoughts will be established. (Proverbs 16:3) Grade 12 marks a threshold, one chapter closing and another beginning. As learners write their final National examinations, they carry expectations, fears and hopes for the future....

read more

Pin It on Pinterest