Article
Gebedskringe

 

Daar is niemand wat U vasgryp nie… Jesaja 64:7

 

GEBEDSKRINGE is die konsep om ‘n nasie met gebed te versadig deur oral ‘n netwerk van gebedsgroepe te vestig. Dit is ‘n inisiatief wat gelowiges oproep om vir die ongereddes te bid, of dit nou vriende, kollegas of familie is.

 

Hoe om so ‘n groep te begin
  • Stig groepe van 3-5 persone (‘n Gebedskring) met die doel om vir ongeredde mense te bid. Wanneer jou groep tot meer as 5 mense groei, verdeel en begin ‘n nuwe Gebedskring.
  • Elke persoon in die Gebedskring word aangemoedig om vir ten minste 3 ongeredde mense te bid. Jy kan gebedsonderwerpe byvoeg om voor te bid soos die Here jou lei.
  • Neem ‘n bietjie tyd om nuwe Gebedskringe wat jy gestig het aan te moedig en te ondersteun deur vir hulle gebedsinligting te stuur, asook getuienisse van wat God in die verskillende Gebedskringe doen.
  • Indien moontlik, probeer om ten minste een keer per week vir gebed bymekaar te kom. As dit nie moontlik is om elke keer fisies te ontmoet nie, kan jy ‘n kleingroepkonferensie-oproep, Skype-oproep, Zoom-oproep, ens. probeer reёl.
  • Deel hierdie konsep met ander en moedig hulle aan om ook ‘n Gebedskring te begin. Kom ons versadig ons gemeenskappe, dorpe en stede met Gebedskringe.

 

Praktiese riglyne

Bid vir ongeredde mense

A. Skryf die name neer van 3 ongeredde mense (of mense wat meer van Jesus nodig het). Probeer om ten minste een persoon uit ‘n ander land of godsdiens te kies (bv. ‘n Ateïs, Moslem, Hindoe of Boeddhis.

B. Bid vir ten minste 2 of meer mense om saam met jou ‘n Gebedskring te begin. Jy kan dit oorweeg om een keer per week/maand persoonlik te vergader om by die naam te bid vir diegene op jou gebedslyste

 C. Vier basiese stappe om na ‘n ongeredde persoon uit te reik:

  1. Begin bid vir diegene op jou lysie. Vra God om hulle op alle terreine van hul lewens te seën (huweliks- en gesinslewe, werksverhoudinge, sosiale behoeftes, vriende, persoonlike uitdagings, gesondheid, finansies, geestelike behoeftes, ens.)
  2. Indien moontlik, reik uit en begin ‘n vriendskap bou met diegene op jou lys.
  3. Identifiseer enige persoonlike behoeftes wat hulle mag hê. Sê vir die persoon jy sal bid vir daardie behoeftes, en indien moontlik, doen dit dadelik.
  4. Wanneer en waar toepaslik, begin natuurlike gesprekke met hulle oor Jesus. Bid ook dat hulle blootgestel sal word aan die boodskap van die evangelie – gesprekke met ander Christene, radio- of TV-programme, internet, persoonlike ontmoetings met God (deur die Woord en die Heilige Gees.)

D. Skrifverse om vir ongeredde mense te bid:
Johannes 3:16; 2 Petrus 3:9; Lukas 5:32; Esegiël 18:23; 1 Timoteus 2:3-6; Markus 10:27; Johannes 5:21; Johannes 6:63; Hebreërs 2:4.

 

Bid vir die gemeenskap en die nasie

Benewens die primêre doel van ‘n Gebedskring om te bid vir die redding van mense (ook van ander godsdienste), kan jy soms meer onderwerpe byvoeg. Onthou egter om die redding van mense as die hooffokus te hou. Die volgende is onderwerpe wat jy dalk by jou gebedstye wil voeg:

  • Herlewing in jou kerk / Geestelike leiers / ‘n Dieper wandel met God
  • Die armes en behoeftiges
  • Die ekonomie van die land / Korrupsie / Die regering
  • Die media
  • Die jeug
  • Gevangenes
  • Die regstelsel
  • Jou werkplek
  • Jou bediening in die kerk
  • Mense wat sukkel met bitterheid, emosionele seer of betrokke by die okkulte
  • Moslems, Hindoes en Boeddhiste

Laai die artikel af as PDF
This article is also available in English

 

Learn More

Recent Posts

Pray the Word for financial, material and physical needs

Pray the Word for financial, material and physical needs

Many believers face real pressure concerning finances, provision, work, debt, food, housing, health and daily responsibilities. Yet Scripture continually reminds us that God is our Father, our Provider and our Shepherd. He knows what we need before we ask Him, and He...

read more
The significance and use of keys in Scripture

The significance and use of keys in Scripture

Have you ever noticed how often Scripture speaks about doors and keys? From the gates of Jerusalem to the keys of the Kingdom, God uses these images to teach us about access, authority and opportunity. Keys open what is locked and doors lead us into new places. In the...

read more
14 Things to pray for men

14 Things to pray for men

The Biblical model for the family is under increasing pressure today to compromise – to follow the worldly trends and standards of an increasingly liberal society. Men have an important God-given place and role in society, in the church and especially within the...

read more

Pin It on Pinterest