Article
31 Woordgebede

Hudson Taylor het gesê: “Ons (Christene) is bonatuurlike mense, weergebore deur ‘n bonatuurlike geboorte, aangedryf deur ‘n bonatuurlike krag en gevoed deur bonatuurlike voedsel, geleer deur ‘n bonatuurlike leermeester uit ‘n bonatuurlike Boek.” E.W.Kenyon het gesê: “Vas en lang ure van gebed bou nie geloof nie…..om boeke te lees oor geloof en manne van geloof en hulle prestasies wek ‘n sterk begeerte na geloof, maar dit bou nie geloof nie. Die Woord alleen is die bron van geloof.” Andrew Murray het gesê: “‘n Bietjie van die Woord met ‘n bietjie gebed is dodelik vir die geestelike lewe. Baie van die Woord met ‘n bietjie gebed gee ‘n sieklike lewe. Baie gebed met ‘n bietjie van die Woord gee meer lewe, maar sonder standvastigheid. ‘n Volle maat van die Woord en gebed elke dag gee ‘n gesonde en kragtige lewe.”

Die geloof kom dus deur die prediking wat ’n mens hoor, en die prediking wat ons hoor, is die verkondiging van Christus. (Rom.10:17) As ’n mens nie glo nie, is dit onmoontlik om te doen wat God wil. Wie tot God nader, moet glo dat Hy bestaan en dat Hy dié wat Hom soek, beloon. (Heb.11:6) En omdat God aan die erfgename van die belofte bo alle twyfel wou verseker dat Sy besluit onveranderlik is, het Hy dit met ’n eed gewaarborg. (Heb.6:17)

God kan nie ontrou aan Sy Woord wees nie. God openbaar Homself deur Sy Woord. Hy wys Sy karakter vir ons deur Sy Woord. Die beloftes in die Woord is in lyn met Sy wese en Sy karakter, waaraan Hy nooit ontrou kan wees nie.

1.1 Hoekom ons die Woord moet bid
Wanneer ons die gesag van die Woord en die posisie van die Woord in ons lewens verstaan, sal ons die Woord wil bid. Die volgende is enkele redes hoekom ons die Woord moet bid:
• God maak Sy wil in die Woord bekend. Wanneer ons die Woord bid, bid ons die wil van God en wanneer ons volgens die wil van God bid, sê die Woord dat ons gebede beantwoord sal word. (1Joh.5:14-15)
• Sekulêre boeke verskaf kennis en insig, maar dit is net wanneer ons die Woord lees, dat ons tot geloof kom. Wanneer ons die Woord bid, raak die geloof in ons harte meer. (Rom.10:17)
• Die Woord/Skrif openbaar God se prioriteite. Wanneer ons volgens die Woord bid, leer ons wat hierdie prioriteite is en kan ons ons lewens by hierdie prioriteite aanpas.
• Die Woord het gesag. Toe God die Vader die Heelal geskep het, het Hy dit deur Sy Seun, die Woord, gedoen. Die Woord het ‘n woord gespreek en daar was lig en lewe en mense en hemelse liggame. Wanneer ons die Woord proklameer, word dit ‘n aankondiging in die geestelike koninkryk – die Woord het steeds dieselfde krag. Wanneer ons tot die Lewende Woord bid, het dit die krag om te skep en te herskep.
• Die Woord leer ons van God, Sy karakter, Sy wese, krag, vermoëns en karaktereienskappe. Wanneer ons God beter verstaan, kan ons met meer geloof bid. Geloof is so sterk soos die persoon in wie jy glo…

(Hierdie is slegs ‘n uittreksel.)

Laai PDF af om volledige artikel te lees

This article is also available in English

Learn More

Recent Posts

Pray the Word for financial, material and physical needs

Pray the Word for financial, material and physical needs

Many believers face real pressure concerning finances, provision, work, debt, food, housing, health and daily responsibilities. Yet Scripture continually reminds us that God is our Father, our Provider and our Shepherd. He knows what we need before we ask Him, and He...

read more
The significance and use of keys in Scripture

The significance and use of keys in Scripture

Have you ever noticed how often Scripture speaks about doors and keys? From the gates of Jerusalem to the keys of the Kingdom, God uses these images to teach us about access, authority and opportunity. Keys open what is locked and doors lead us into new places. In the...

read more
14 Things to pray for men

14 Things to pray for men

The Biblical model for the family is under increasing pressure today to compromise – to follow the worldly trends and standards of an increasingly liberal society. Men have an important God-given place and role in society, in the church and especially within the...

read more

Pin It on Pinterest