Article
Onbeantwoorde gebede

Is daar moontlike redes waarom my gebede nie beantwoord word nie? Bid ek verkeerd? Daar is nie eenvoudige antwoorde nie.

Die vraag wat mense die meeste vra, is: Wat is die wil van God?  Die vraag wat die tweede meeste gevra word, is: Waarom antwoord God nie my gebed nie of waarom kry ek nie ‘n antwoord op my gebed nie? En eintlik is dit deel van die antwoord op die vraag wat die wil van God is.

Sommige Christene probeer om God te verdedig wanneer mense vrae oor God se optrede vra.  Moenie probeer om God te speel en te dink jy kan op alle vrae antwoorde gee nie.  Moenie probeer om slim te wees nie.  Net God weet alles. God kan vir Homself praat. Die Heilige Gees is God se advokaat.  Die Heilige Gees self openbaar die wil van God.

Klaagl.3:44 – U het Uself met ‘n wolk bedek dat geen gebed na U kan deurkom nie.

 

Om geen antwoord te kry, of nie te kry wat jy vra nie,
het nie noodwendig met ongeloof te doen nie.

 

Paulus bid in 2 Kor.12:9 oor sy doring in die vlees. Hy het God drie keer gevra en God het nee gesê. Dit het niks met ongeloof te doen gehad nie, maar met die wil van God.
 

Die volgende is ‘n aantal dinge waarna jy kan kyk en kan oordink wanneer jy nie verstaan waarom God nie antwoord nie, waarom jy nie antwoorde op gebed kry nie.

 

  • Dit is belangrik om te verstaan dat dit ons “verantwoordelikheid” is om te bid, en God se “verantwoordelikheid” is om te antwoord soos wat Hy goeddink.
    So dikwels wil ons bid én die antwoord gee. Waarom vra ons dan vir die Here om te help en om te verstaan wat sy wil is? God het ‘n wil en sy wil is volmaak. Hy is Almagtig en weet wat Hy doen.  As God nie ook mag “nee” sê nie, wat is die doel van gebed dan en watter soort God het ons dan dat ons Hom moet vertel wat Hy moet doen?  Jesus leer ons om te bid: “Laat U wil geskied.”  As ons dit op die regte manier bid, is dit ‘n teken van geloof en nie ongeloof nie.
    Prakties: Skryf ‘n gebed neer waarin jy God vra om te antwoord soos Hy wil en dank Hom dat Hy verantwoordelikheid neem vir jou en jou situasie.

 

  • Wanneer jy verward is, nie verstaan en nie weet nie, is die heel belangrikste ding wat jy kan doen, om op die karakter van God te fokus.
    Fokus op sy karakter, bestudeer sy karakter, leer Wie Hy is. Vra die Heilige Gees om deur die Woord God se karakter vir jou te wys.  Lees die Psalms.  Ons leer so baie oor wie God is uit die Psalms.  Glo die Woord eerder as jou eie gevoelens en vrae van vertwyfeling. Sekere gebeure in jou omstandighede kan jou magteloos en absoluut verward en verbitterd laat.  Soms beleef jy uiters traumatiese situasies en is daar net geen antwoorde nie.  In sulke tye is dit nie die logiese antwoorde wat ons help nie, maar wíe God ís! Net God, sy karakter en optrede bly dieselfde. (Num.23:19; Hebr.13:8) Wanneer ons na God self soek, meer as na antwoorde op ons vrae, word ons vrae minder omdat ons sien en weet dat God nie beheer verloor het of nie omgee nie.
    Prakties: Skryf ‘n gebed in jou eie woorde waarin jy Hom vra om sy karakter aan jou te openbaar.

 

  • Bid volgens die wil van God.
    Baie mense bid maar soek in die eerste plek nie na die wil van God nie. Die Onse Vader gebed leer dat ons moet vra: Laat U wil geskied. Joh.13:12-14 sê dat ons enige iets in die Naam van Jesus kan vra, en Hy sal dit gee. Maar in 1 Joh.3:21-22 As ons gewete ons nie veroordeel nie, het ons vrymoedigheid om na God te gaan; wat ons vra, kry ons van Hom omdat ons sy gebooie gehoorsaam en doen wat Hy goedvind. In Matt.4 lees ons hoe die Bose Jesus versoek het. Jesus het egter elke keer “nee” gesê want dit was nie die wil van God vir daardie situasie in sy lewe nie. Prakties: Vra Hom om homself en sy wil aan jou bekend te maak, op sy tyd en sy manier.

 

  • God is soms genadig om ons nie te antwoord nie.
    ‘n Positiewe antwoord is nie altyd die beste nie! (Ps.106:15) By geleentheid het God vir Israel gegee wat hulle gevra het, maar dit was tot hulle nadeel: “Toe het Hy hulle gegee wat hulle gevra het, maar hulle van siekte laat wegteer.” Die volk was so behep met hulleself dat hulle nie na God se raad en wysheid wou luister nie en dit was tot hulle eie oordeel.
    Prakties: Dank Hom vir die feit dat hy nie al ons vrae antwoord nie en dat jy Hom kan en sal vertrou om die dinge wat jy wel moet weet, aan jou bekend te maak.

 

  • So dikwels is ons geestelik net nie gereed vir die antwoord nie.
    Ons vra soms vrae oor bv. die toekoms of wat die uiteinde van ons siekte sal wees. Maar God antwoord ons nie, omdat ons nie geestelik volwasse genoeg of gereed is vir die antwoord nie.  As Hy ons sou antwoord, sou dit ons kon vernietig of ons ons geloof laat verloor.  Kennis kan vir ons ‘n struikelblok wees.  Te veel kennis lei dikwels tot ongeloof en wanhoop. Daarom wil God sekere dinge nie vir ons sê nie.  Ons weet dus nie nou alles nie, maar laat dit dan vir jou genoeg wees dat God weet en dat Hy in beheer is. (Deut.29:29; 1 Kor.13:12)
    Prakties: Bely voor God dat jy Hom vertrou met die dinge wat jy nie weet, verstaan of antwoorde op kry nie.

 

  • God het vir elke mens ‘n skeppingsdoel.
    Soms iets alledaags, soms iets besonders (Rom.9:21) Ons kan soms die regte vraag vra, maar die antwoord wat ek wil hê, pas nie by my skeppingsdoel, God se plan vir my lewe nie, daarom sê God vir my nee! Daar is ‘n verskil tussen laat U-wil-geskied en laat my-wil-geskied.
    Prakties: Vra die Here om vir jou sy skeppingsdoel vir jou lewe te wys en bely dat jy Hom met jou lewe wil vertrou. Vra die Heilige Gees om vir jou te wys watter dinge in jou lewe nie uit God gebore is nie; dit wat nie van God af kom nie. (1 Joh.5:4)

 

  • Ander kere staan ons nie op “praying ground” nie.
    Die gesindheid van ons harte kan verkeerd wees, ons wil dalk nie regtig hoor wat God wil sê nie en wil net hê Hy moet vir ons gee wat ons vra, of daar is sonde in ons lewe. Sonde verhinder gebedsverhoring. Ps.66:18 leer dat as daar sonde in ons harte is, God ons nie sal hoor nie. Wie sy sonde wegsteek, moet niks goeds te wagte wees nie; wie sy sonde bely en daarvan afsien, sal genade ontvang (Spr.28:13). Kom op ‘n plek waar jy in afhanklikheid voor God staan, waar jou hart op Hom gerig is, jou lewe skoon is en jy gereed is om die wil van God te doen ongeag van wat Hy vra.
    Prakties: Neem tyd om stil te wees voor die Here en vra die Heilige Gees om vir jou enige sonde te wys wat Hom verhinder om in jou lewe te werk en bely daardie sonde, bv. kwaadpraat, eer nie jou vader en moeder nie, woede, rassisme, ens.

 

  • Sondige reaksies wanneer ons beleef God antwoord nie:
    Selfbejammering; Bitterheid; Ongeloof in God en die Woord; Woede; Wanhoop; Teleurstelling. Therefore thus says the Lord [to Jeremiah]: If you return [and give up this mistaken tone of distrust and despair], then I will give you again a settled place of quiet and safety, and you will be My minister; and if you separate the precious from the vile [cleansing your own heart from unworthy and unwarranted suspicions concerning Gods faithfulness], you shall be My mouthpiece. (Jer.15:19)
    Prakties: Vra die Heilige Gees om vir jou negatiewe gesindhede teenoor God te wys. Bely dit en vra vergifnis. Maak ‘n doelbewuste keuse en glo God – dat hy goed, regverdig en genadig is en dat dit nie sy doel is om jou skade te berokken nie.

 

(Hierdie is slegs ‘n uittreksel van die artikel.)

Om die volledige artikel te lees, laai die PDF af

This article is also available in English

Learn More

Recent Posts

The significance of Christ’s coming

The significance of Christ’s coming

Certainly one of the greatest historic events of all time, was the birth of Jesus the Messiah in Bethlehem in accordance to the promise of Genesis 3:15. His birth ushered in a new dispensation for all mankind which God, our Heavenly Father, predestined before time....

read more
Opposed for following Christ

Opposed for following Christ

Even members of your own household can oppose you!   Do you perhaps think Christians are only persecuted in some distant non-Christian country? Do you see persecution only as situations where Christians face life-threatening circumstances or perhaps extreme...

read more
The grand design of Christian Persecution

The grand design of Christian Persecution

(Article written by Mike Burnard from dia-LOGOS. Used with permission.) Today, in an age of unprecedented freedom and a global pursuit for democracy, more than 3 out of 4 people in the world still live in countries where there are restrictions on sharing the Gospel of...

read more

Pin It on Pinterest