Article
Vas en gebed

Fasting is a laudable practice, and we have reason to lament it, that it is generally neglected among Christians.
~ Matthew Henry

I wonder whether we have ever fasted? I wonder whether it has ever occurred to us that we ought to be considering the question of fasting? The fact is, it is not, that this whole subject seems to have dropped right out of our lives, and right out of our whole Christian thinking. ~ D. Martyn Lloyd-Jones

Dit was nie Christus se bedoeling om vas te verwerp of te minag nie … dit was sy bedoeling om behoorlike vas te herstel. ~ Martin Luther

Vir baie Christene is dit vandag iets vreemds om te vas en te bid. Maar dit is nie vreemd in die Ou of Nuwe Testament nie. Dit was ook nie iets vreemds in die vroeë Christelike kerk nie en ook nie in die tyd van die Hervorming en die eeue daarna nie. Moses, Elia, Esegiël en Daniël het gevas en gebid. Jesus het vir veertig dae gevas. Paulus en die vroeë Christene het ook gevas. Die vroeë Christelike kerk het Woensdae en Vrydae gevas. Martin Luther is gekritiseer omdat hy te veel gevas het. Johannes Calvyn het gevas en gebid totdat die grootste gedeelte van Genève hulle tot God bekeer het. John Knox het gevas en gebid; die goddelose koningin Mary van Skotland (Bloody Mary) het gesê sy vrees geen gewapende mag soos sy die gebede van John Knox vrees nie. Jonathan Edwards, wat God se instrument in die herlewing in New England was, het gevas en gebid. John Wesley het twee keer per week gevas. Charles Finney, een van die grootste geestelike leiers in die geskiedenis, was ’n man wat gevas en gebid het. Die evangelis D.L. Moody was ’n man wat ook bekend was met vas en gebed.

 

  • Om te vas beteken om God eerste te plaas. Daar kom tye dat ons God se aangesig moet soek in vas en gebed. Vas is ’n hartsingesteldheid waar ons ons normale lewensgang onderbreek om vir ’n definitiewe saak of doel te bid.
  • Vas beteken ook volharding in gebed. Dit beteken om erns met God te maak; om te bid totdat jy ’n antwoord het, of die antwoord nou ja of nee is, of om verder te wag.
  • Vas is ’n doeltreffende manier om alle laste en hindernisse uit die weg te ruim, om doelgerig en met jou volle aandag te kan bid.
  • Vas is ’n teken van droefheid, maar dit het ook ’n element van vasbeslotenheid.
  • In die Ou Testament is daar dikwels gevas as teken van verootmoediging (Lev. 23:27).
  • Ten diepste beteken vas dat ons ons hart voor die Here skeur, ons sonde bely en ons opnuut tot die Here bekeer (Joël 2:12-13).
  • Die Here het egter ook bedoel dat vas soms ’n element van vreugde en blydskap moet bevat (Sag. 8:19).
  • In Jesaja 58:6-7 kry ons die optrede wat vas en gebed moet vergesel. Indien ons dit doen, kry ons ook die seëninge van Jesaja 58:8-14.
  • Ons kan ook vas om ’n offer van lof aan God te bring (Ps. 50:14, 23).

 

Die Here Jesus stel slegs een voorwaarde vir vas: opregtheid. Nêrens verbied Hy vas nie en Hy gee ook nêrens die indruk dat Hy dink dit is nie meer nodig om te vas en te bid nie. In Matteus 6:16-18 gee Jesus juis voorskrifte vir wanneer iemand vas.

 

Vas en gebed is ’n meer intensiewe vorm van gebed. Dalk bid jy al jare vir ’n sekere saak met geen sigbare antwoord nie. Daar is ’n alternatief – vas en bid. Vas en gebed lei altyd tot groter persoonlike heiligmaking en dit is juis gebed uit ’n rein hart waarin God behae het. Vas en gebed druk ook jou erns oor die saak voor God uit. Verskillende situasies vra dikwels van ons as voorbidders om te vas en te bid. Die geskiedenis is vol bewyse dat vas en gebed in die verloop van landsgebeure, maar ook in allerlei ander sake, geestelike vrug tot gevolg gehad het.

 Lees verder deur die volledige artikel af te laai as PDF

Learn More

Recent Posts

Pray the Word for financial, material and physical needs

Pray the Word for financial, material and physical needs

Many believers face real pressure concerning finances, provision, work, debt, food, housing, health and daily responsibilities. Yet Scripture continually reminds us that God is our Father, our Provider and our Shepherd. He knows what we need before we ask Him, and He...

read more
The significance and use of keys in Scripture

The significance and use of keys in Scripture

Have you ever noticed how often Scripture speaks about doors and keys? From the gates of Jerusalem to the keys of the Kingdom, God uses these images to teach us about access, authority and opportunity. Keys open what is locked and doors lead us into new places. In the...

read more
14 Things to pray for men

14 Things to pray for men

The Biblical model for the family is under increasing pressure today to compromise – to follow the worldly trends and standards of an increasingly liberal society. Men have an important God-given place and role in society, in the church and especially within the...

read more

Pin It on Pinterest