Article
Gebedsgids – Woordgefokusde Gebed

Riglyne vir individue en groepe

In hierdie klein gids is daar ‘n aantal afdelings waardeur jy daagliks kan bid. In elkeen van hulle is daar ‘n groot rykdom van inligting. Laat die Heilige Gees toe om die dieptes van hierdie gedeeltes vir jou oop te sluit wanneer jy biddend deur hulle werk en die Heilige Gees vra om dit inhoud daarvan ‘n werklikheid in jou lewe te maak.

Die doel daarvan is nie om dit een keer te bid en dan is dit afgehandel nie. Soos wat ‘n mens weer en weer deur hierdie Skrifgedeeltes bid, sal die Gees van God jou dieper en dieper in God se liefde, heiligheid, wil en genade intrek. Jy sal meer en meer die hart van God verstaan asook die omvang en die praktyk van die Christelike lewe.

Probeer om deur 4-5 van hierdie Skrifgedeeltes per week te bid. Jy hoef dit nie in enige volgorde te doen nie. Soms kan dit gebeur dat jy byvoorbeeld 1 Korintiërs 13 vir ‘n week lank wil bid of die gebed van Jabes vir ‘n maand. Die Onse Vader gebed kan jy maklik gebruik as gids vir jou gebedstye, maar tegerlykertyd ook ander gedeeltes.

Jy sal dit tot groot seën vind indien jy week na week kan volhou. Wanneer ons die Skrif bid, gee dit ons “gebedstaal” en leer ons met verloop van tyd om ander Skrifgedeeltes ook te bid.

Hierdie gebedsmateriaal is uiters geskik vir gemeente gebedstye. Die gemeente kan tydens ‘n byeenkoms bv. in groepe deur een of twee van die Apostels se gebede bid, een van die liedere/gebede uit Openbaring en die 10 Gebooie. Die daaropvolgende week kan ‘n ander kombinasie gebruik word. Hierdie kan gebruik word bo en behalwe die normale sake waarvoor die gemeente bid.

Onderwerpe:

Die Onse Vader
Die 10 Gebooie
Die Gebed van Jabes
Verootmoediging
Toets jou hart
Die Bergrede
Die Liefde
Hoe lyk ‘n Christen se lewe in praktyk
Bid vir die samelewing waarin jy leef
Gebede van die Apostels
Briewe in Openbaring 2-3
Spreuke 22
Psalm 91
Psalm 119
Liedere en gebede in Openbaring
Eenvoudige metode om te bid vir leiding oor spesifieke sake
Wag op die Here
‘n Gebed vir ongeredde persone
Die name van God  …

Laai volledige artikel af as PDF

 

Learn More

Recent Posts

10 Secrets to spending time in the secret place

10 Secrets to spending time in the secret place

In a world of constant noise and hurried schedules, the secret place is God's invitation to step away and draw near. It's not just a physical location but a sacred space in your heart where intimacy with the Father grows. Jesus often withdrew to quiet, hidden places...

read more
Effective intercession for pastors and missionaries

Effective intercession for pastors and missionaries

Many believers sincerely desire to pray for their pastors, missionaries, or other spiritual workers, but they are not always sure what to pray or how to pray. Instead of offering a quick prayer such as, "Lord, please bless my pastor. Amen", we can intercede with...

read more
The onslaught against spiritual workers

The onslaught against spiritual workers

"Pray that I may be rescued from the unbelievers in Judea, and that my service in Jerusalem may be acceptable to the saints there." – Romans 15:31   Scriptural foundation The apostle Paul understood the reality of spiritual attacks on those who serve the Lord....

read more

Pin It on Pinterest