Article
Die vervulling en salwing met die Heilige Gees

As Christene kan ons nie sonder die krag en salwing van die Heilige Gees lewe nie. Sy daaglikse en voordurende werking en leiding in ons is onontbeerlik. In Joh.14 belowe Jesus dat Hy vir ons die Heilige Gees sal stuur. In Handelinge 1:8 maak die Woord dit duidelik dat ons nie die werk van God kan doen as ons nie in die krag van die Heilige Gees werk nie. Daarna lees ons in Hand.2:1-4 hoe die Heilige Gees uitgestort is en almal met die Heilige Gees vervul is.

 

Dit is belangrik dat ons daagliks sal bid vir
die vervulling en salwing met die Heilige Gees.

 

Prakties
Skryf jou eie gebede aan die hand van die Skrifgedeeltes wat by elke punt genoem word.

  • Doping met die Heilige Gees
    Die Vader belowe die Heilige Gees aan elkeen wat vra (Luk.11:13) en in Matt.3:11 lees ons dat Jesus die een is wat gekom het om ons met die Heilige Gees en vuur te doop. Bid nou in jou eie woorde en vra God die Vader dat die Heilige Gees in ’n groter mate as ooit vantevore in jou sal werk. Bid vir ‘n “doping met die Heilige Gees en vuur”.
  • Word (weer en weer) vervul met die Heilige Gees (Ef.5:18).
  • Dinge wat die Heilige Gees bedroef
    En moenie die Heilige Gees van God bedroef nie, (Ef.4:30); Moenie die Heilige Gees weerstaan nie. (Hand.7:51) Moenie die werking van die Heilige Gees uitblus (teenstaan) nie. (1 Tess.5:19). Vra die Heilige Gees of daar dinge in jou lewe is wat hom bedroef en waardeur jy sy werking in jou lewe teenstaan. Moenie vir die Heilige Gees lieg nie. (Hand.5:3) Moenie die Gees van genade beledig nie nie. (Heb.10:29)
  • Bid vir die salwing met die Heilige Gees om jou werk te doen
    Ongeag of dit geestelike werk of die werk in jou daaglikse beroep. Julle is egter deur die Heilige Gees gesalf, en julle ken almal die waarheid. (1 Joh.2:20).
  • Bid vir die werking van die Sewevoudige Gees van God in jou lewe:
    die Gees wat wysheid en insig gee, die Gees wat raad en sterkte (krag) gee, die Gees van openbaring van kennis en die Gees van die vrees van die Here. (Jes.11:2)
  • Bid vir die vrug van die Gees in jou lewe:
    Die vrug van die Gees, daarteenoor, is liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid, nederigheid en selfbeheersing (Gal.5:22-23).
  • Bid vir die Gees van krag, liefde en selfbeheersing en dat daar geen plek vir ‘n gees van vrees sal wees nie.
    Die Gees wat God ons gegee het, maak ons immers nie lafhartig nie, maar vul ons met krag en liefde en selfbeheersing. (2 Tim.1:7)
  • Verheerlik die Vader deur jou lewe en optrede.
    Daarby het God ook saam getuig deur tekens en wonders en ook deur allerhande kragtige dade en gawes van die Heilige Gees, soos Hy dit toebedeel het volgens Sy wil. (Heb.2:4) Vra die Heilige Gees om kragtig deur jou te werk sodat die Vader deur jou lewe en optrede verheerlik kan word.
  • Leer om in die vryheid van die Gees te lewe en Christusgelykvormig te wees.
    Waar die Gees van die Here is, is daar vryheid. Ons almal weerspieël die heerlikheid van die Here, want die sluier is van ons gesig af weggeneem. Ons word al meer verander om aan die beeld van Christus gelyk te word. Die heerlikheid wat van ons uitstraal, neem steeds toe. Dit doen die Here wat die Gees is. (2 Kor.3:17-18) Vra die Heilige Gees om jou te help om in vryheid te lewe, jou Christusgelykvormig te maak sodat jy meer en meer die heerlikheid van God sal uitstraal.

Laai die artikel af as PDF

Learn More

Recent Posts

10 Secrets to spending time in the secret place

10 Secrets to spending time in the secret place

In a world of constant noise and hurried schedules, the secret place is God's invitation to step away and draw near. It's not just a physical location but a sacred space in your heart where intimacy with the Father grows. Jesus often withdrew to quiet, hidden places...

read more
Effective intercession for pastors and missionaries

Effective intercession for pastors and missionaries

Many believers sincerely desire to pray for their pastors, missionaries, or other spiritual workers, but they are not always sure what to pray or how to pray. Instead of offering a quick prayer such as, "Lord, please bless my pastor. Amen", we can intercede with...

read more
The onslaught against spiritual workers

The onslaught against spiritual workers

"Pray that I may be rescued from the unbelievers in Judea, and that my service in Jerusalem may be acceptable to the saints there." – Romans 15:31   Scriptural foundation The apostle Paul understood the reality of spiritual attacks on those who serve the Lord....

read more

Pin It on Pinterest