Article
Die Uur wat die Wêreld Verander

Dick Eastman, in sy boek The hour that changes the world, doen aan die hand dat ‘n mens ‘n uur in 12 periodes van 5 minute elke indeel. Na elke 5 minute gaan jy oor na ‘n ander vorm van gebed.

Dick Eastman se indeling:
1. Aanbidding
2. Wag op die Here
3. Sondebelydenis
4. Bid die Skrif
5. Waak
6. Voorbidding
7. Persoonlike versoeke
8. Danksegging
9. Sang
10. Meditasie
11. Luister
12. Lofprysing

Hier volg ‘n opsomming van hierdie 12 verskillende aspekte van gebed:

1. Lofprysing/Aanbidding is ‘n daad van bewondering van en toewyding aan God.
Ps.115:1 sê: “Nie aan ons nie, Here, nie aan ons nie, maar aan u Naam kom die eer toe, want dit is U wat liefde en trou bewys.”

  • Aanbid God vir wie Hy is: die een wat jou geskep het – vir sy onfeilbare Woord – vir jou verlossing – dat jy in sy plan ingesluit is…
  • Dit is om God te verhoog en te vereer.
  • Dit is om God te erken vir wie Hy is, om Hom met ons woorde, ons hele wese en ons gebedshouding groot te maak.
  • Loof Hom vir sy Naam, sy geregtigheid, liefde, heiligheid, almag, grootheid, trou, alomteenwoordigheid, sy Woord, sy skepping, sy verlossingsdade ens. Jy kan bv. elke keer ‘n ander tema kies om in hierdie tyd van lofprysing en aanbidding te gebruik. Brei soveel moontlik op hierdie tema uit, oordink dit, oorweeg wat die praktiese implikasies daarvan vir jou en ander se lewens is.

2. Wag op die Here is ‘n daad van oorgawe aan en liefde vir God en bewondering van God, (dikwels woordelose aanbidding).
Wees stil en weet dat Ek God is. (Ps.46:11)

  • Dit is waar ek stil word voor God.
  • Waar ek geestelik die deur toemaak vir enige invloed van die wêreld.
  • Waar ek deur ‘n daad van geloof in sy teenwoordigheid kom staan.
  • Dit is om God te aanbid en te prys vir wie Hy is.
  • In hierdie stilte periode stel ons ons in op God self, rig ons ons wese op Hom en wy ons ons opnuut aan Hom toe. Ons verbly ons in sy teenwoordigheid en oor sy teenwoordigheid.
  • Dit is ‘n tyd van diep persoonlike en intieme kommunikasie met God, dit is wanneer ek as beperkte en eindige wese in die teenwoordigheid van God as die Onbeperkte en Oneindige Wese kom staan.
  • By hierdie punt maak ons seker dat ons lewende kontak met God maak. Hierdie tyd van wag op die Here kan nie afgejaag word nie, daar is nie plek vir ongeduld en haastigheid nie.
  • In hierdie periode dink jy aan niks anders as aan God die Vader, sy Seun Jesus jou Verlosser en die Heilige Gees nie.
  • Gedagtes wat by jou opkom hoef jy nie noodwendig om te sit in woorde nie. Konsentreer op jou verhouding met God en jou liefde vir Hom.

Laai die PDF af om die volledige artikel te lees

This article is also available in English

Learn More

Recent Posts

10 Secrets to spending time in the secret place

10 Secrets to spending time in the secret place

In a world of constant noise and hurried schedules, the secret place is God's invitation to step away and draw near. It's not just a physical location but a sacred space in your heart where intimacy with the Father grows. Jesus often withdrew to quiet, hidden places...

read more
Effective intercession for pastors and missionaries

Effective intercession for pastors and missionaries

Many believers sincerely desire to pray for their pastors, missionaries, or other spiritual workers, but they are not always sure what to pray or how to pray. Instead of offering a quick prayer such as, "Lord, please bless my pastor. Amen", we can intercede with...

read more
The onslaught against spiritual workers

The onslaught against spiritual workers

"Pray that I may be rescued from the unbelievers in Judea, and that my service in Jerusalem may be acceptable to the saints there." – Romans 15:31   Scriptural foundation The apostle Paul understood the reality of spiritual attacks on those who serve the Lord....

read more

Pin It on Pinterest