Article
Bid vir ongereddes – 1 vir 1

Hoe om vir ongereddes te bid

Dit is God wat deur die werking van die Heilige Gees mense lewend maak en wedergeboorte in hulle bewerk. Ons verantwoordelikheid is om vir hulle te bid, sy liefde aan hulle te bewys en teenoor hulle te getuig. Die volgende 4 stappe sal jou help om prakties na ongereddes uit te reik.

Identifiseer 3-5 ongeredde mense vir wie jy wil bid

1._________________________________________

2._________________________________________

3._________________________________________

4._________________________________________

5._________________________________________

Stap 1: Bid dat God hulle sal seën. Bid vir hulle totale menswees: waar hulle leef, hulle gesinslewe, huislike omstandigehede, werkplek en werksver-houdings, sosiale lewe, vriende en vriendskappe, beskerming, gesondheid, finansies, redding, ens.

Jy kan Numeri 6:24-26 as ‘n seëngebed gebruik om vir hulle te bid: ‘Die Here sal julle seën en julle beskerm; die Here sal tot julle redding verskyn en julle genadig wees; die Here sal julle gebede verhoor en aan julle vrede gee!’ Om te vra dat God mense sal seën beteken nie dat ons vra dat God die goddelose en verkeerde dinge sal seën nie – die seën van die Here verander, genees en breek die mag van sonde oor ‘n mens se lewe.

Stap 2: Bou verhoudings. God stel nie net in mense se die siele van mense nie. Hy wil die totale mens genees en seën. Terwyl ons vir iemand bid, is dit belangrik om verhoudings met hulle te bou op sosiale en vriendskapsvlak (waar moontlik) – ongeag van hulle geloofsoortuiging maar sonder kompromie.

Stap 3: Identifiseer die nood van hierdie mense: geestelike, emosionele en fisiese nood. Luister na hulle en probeer hulle seer, frustrasies, nood, teleurstellings, drome en verwagtinge verstaan. Verleen fisiese en/of emosionele hulp waar moontlik. Meer mense is bereid om te luister na wat jy hulle van Jesus Christus wil vertel as hulle kan sien dat jy regtig op ‘n praktiese manier omgee en hulle lief het en aanvaar. Ons woorde mag nooit los wees van ons gebede en dade nie. Waar die persoon enigsins toeganklik is, bid vir hom/haar. Soveel as 98% van alle mense is gewillig dat jy vir hulle mag bid. Maak jou gebed kort. Fokus op die probleem/situasie, moenie in jou gebed preek of hom/haar na die Here probeer lei nie.

Stap 4: Getuig. Soek vir natuurlike geleenthede waar jy kan vertel van dit wat God vir jou beteken en al in jou lewe gedoen het maar moenie preek of spog nie. Probeer vrae hulle mag moontlik mag hê so goed moontlik beantwoord en erken wanneer jy nié weet nie. Onderneem om daaroor te dink, antwoorde te gaan soek en terug te kom na hulle toe. Moenie bekommerd wees as jy nie al die antwoorde het nie. Vra die Here om mense oor hulle pad te bring wat met hulle oor hierdie vrae kan praat.

Nie alle mense voel dat hulle “die gawe van evangelisasie” het nie, maar almal van ons kan vir iemand bid en prakties by die nood van mense betrokke raak en vriendskappe bou.

8 Vrae

Wanneer jy vir iemand bid, vra spesifiek dat die Heilige Gees die volgende vrae in sy/haar hart sal opwek en dat hulle na antwoorde op die vrae sal begin soek.

1. Wie kan ek vertrou?
2. Wat is die doel van my lewe?
3. Wanneer sal ek vry wees?
4. Waar gaan ek heen wanneer ek sterf?
5. Waarom haat ek God? / Waarom hardloop ek van God af weg?
6. Hoe kan ek my probleme hanteer? Kan God my dalk help?
7. Waar sal ek veilig wees? / Wie kan my beskerm?
8. Waarom is ek skepties of betwyfel ek die bestaan van God?

Jou gesindheid in gebed

1. Glo in die Bybelse feit dat God mense wíl red. Glo in die Here Jesus wat gekom het om mense te red.
2. Onthou dat niks vir God onmoontlik is nie. (Mark 10:27) Geen hart is vir God te hard nie en geen sondaar te sondig nie.
3. Bid met ‘n hart vol liefde, omgee en deernis vir verlorenes. Bid met ‘n rein hart sonder bitterheid en veroordeling. (Spr. 28:9,13, Matt.9:36)
4. Volhard met jou gebed. Soms neem dit maande of selfs jare voordat iemand tot oorgawe kom. Jesus sê dat ons volhardend moet bid. (Luk.18:1-8)
5. Bid en vra in die Naam van Jesus.

Gebruik o.a. die volgende Skrifgedeeltes wanneer jy vir iemand bid:

1. “God het die wêreld so liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal hê” (Joh.3:16).
2. “Soos die Vader dooies opwek en lewend maak, so maak die Seun ook lewend wie Hy wil” (Joh.5:21).
3. “Dit is die Gees wat iemand lewend maak; die mens self kan dit nie doen nie.” (Joh.6:63)
4. “Dit is beslis nie my wil dat die goddelose moet sterf nie, sê die Here my God, dit is my wil dat hy hom bekeer en dat hy bly lewe” (Eseg.18:23).
5. “Die Here stel nie die vervulling van sy belofte uit nie, al dink party mense so. Nee, Hy is geduldig met julle, omdat Hy nie wil hê dat iemand verlore gaan nie: Hy wil hê dat almal hulle moet bekeer” (2 Pet.3:9).
6. “So is dit goed en aanneemlik vir God, ons Verlosser, wat wil hê dat alle mense gered word en tot kennis van die waarheid kom” (1 Tim.2:3-4).

Let op die volgende dinge in die lewe van die persoon vir wie jy bid:

• Is daar negatiewe en/of sondige gewoontes teenwoordig? Bid dat God hom/haar daarvan sal vrymaak.
• Watter leuens is daar wat hy/sy oor die Bybel en God glo. Bid dat die Heilige Gees die waarheid in sy/haar hart sal openbaar.
• Kyk watter mense hom/haar negatief beïnvloed en bid vir die verbreking daarvan en ook die verbreking van afbrekende vriendskappe wat hom/haar van Jesus af wegtrek/weghou.
• Stel vas watter aktiwiteite die persoon se lewe negatief beïnvloed. Bid dat hierdie negatiewe invloede kragteloos gemaak sal word.
• Bepaal watter dinge in die persoon se verlede moontlik tot sy/haar huidige optrede bydra. Bid vir genesing en dat hy/sy sal kan vergewe. Bid vir berusting en aanvaarding.
• Bid dat die Heilige Gees die persoon sy/haar sonde sal wys en hy/sy nie sonder Jesus Christus kan lewe nie.

Geestelike weerstand

Dit is soms nodig om geestelik in Jesus se Naam gesag te neem oor enige mag of aktiwiteit van die Bose wat iemand verblind en verhinder om na God kom, maar ons moet altyd onthou dat dit die Heilige Gees is wat wedergeboorte in iemand werk. In hierdie situasies moet ons die Bose in die Naam van Jesus weerstaan en bestraf omdat hy die persoon geestelik verblind en in geestelike duisternis hou. (Matt.12:29; 16:19; Jak.4:7; 2 Kor.4:4-5).

Dit is God self wat die mens red. Ons kan hulle nie red nie. Terwyl jy in gebed worstel vir iemand se redding, sorg dat jy nie angstig word en met jou eie krag en woorde sy/haar hart of gedrag wil verander nie. Jou werk is om te bid; die Here Jesus se werk is om mense se harte deur die Heilige Gees te verander. Vertrou Hom en laat Hom toe om te werk soos Hy wil.

Laai hierdie artikel af as PDF

Learn More

Recent Posts

Pray the Word for financial, material and physical needs

Pray the Word for financial, material and physical needs

Many believers face real pressure concerning finances, provision, work, debt, food, housing, health and daily responsibilities. Yet Scripture continually reminds us that God is our Father, our Provider and our Shepherd. He knows what we need before we ask Him, and He...

read more
The significance and use of keys in Scripture

The significance and use of keys in Scripture

Have you ever noticed how often Scripture speaks about doors and keys? From the gates of Jerusalem to the keys of the Kingdom, God uses these images to teach us about access, authority and opportunity. Keys open what is locked and doors lead us into new places. In the...

read more
14 Things to pray for men

14 Things to pray for men

The Biblical model for the family is under increasing pressure today to compromise – to follow the worldly trends and standards of an increasingly liberal society. Men have an important God-given place and role in society, in the church and especially within the...

read more

Pin It on Pinterest